Dink, Leef, Klink

Dink, Leef, Klink

Anders is 'n Afrikaanse groep met 'n unieke klank wat jy nie maklik iewers anders sal hoor nie. Wynand en Lindi Delport het begin as sangleiers by verskillende gemeentes in Pretoria. Wynand het Jazz kitaar studeer en Lindi musiek teater, albei aan TUT! Vir lank was en is hulle betrokke by die gospel industrie as musikant en sangers vir onder andere Louis Britz en nog baie verskeie albums en optredes. Die groep Daypoem is gestig in 2007 en die debuut album "Surviving Humanity" is vrygestel in winkels, met baie optredes wat gevolg het. Die liedjie "Rising Son" het nr. 7 behaal op radio Rippel se top 10. In daardie tyd het Lindi ook die gospel program "Pedaling Pilgrims" aangebied op SABC 2 saam met Cjay. In 2010 was die besluit gemaak om 'n afrikaanse album te maak, met 'n unieke, rock, pop, elektroniese klank. Iets heeltemal "anders" as die res. Anders maak gebruik van die beste musikante in die industrie vir elke optrede.

声明:本站不存储任何音频数据,站内歌曲来自搜索引擎,如有侵犯版权请及时联系我们,我们将在第一时间处理!